Malema: SA is ‘piesangrepubliek’

Die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, sê Suid-Afrika is ʼn ‘piesangrepubliek’ wat nie die wet gehoorsaam nie en dat president Jacob Zuma se prioriteit is om elke jaar te trou.

“Niemand is bo die reg verhewe nie – nie die weermag, nie die presidensie en die parlement nie. Elke besluit van die hof moet gerespekteer word,” het Malema gister aan sowat 60 gegriefde weermaglede in Lenasia, suid van Johannesburg, gesê. “Ons moet die howe respekteer, maar die leiers van die piesangrepubliek respekteer nie die howe nie.” Hy sê die regering het by drie geleenthede nie aan hofbevele voldoen nie. Hy sê die regering het nie die DA met bewyse voorsien in die korrupsiesaak teen Zuma nie; handboeke is nie betyds afgelewer nie; en die 1 100 soldate wat in 2009 op spesiale verlof geplaas is nadat hulle ʼn optog by die Uniegebou het, is nie heraangestel nie.

Malema sê vertroue in die land se leierskap moet herstel word. “Julle opperbevelvoerder [Zuma] is besig met ander dinge. Julle is minder van ʼn prioriteit. Almal van ons is minder van ʼn prioriteit. Ek weet nie wat is sy prioriteite nie, miskien om elke jaar te trou. Hy spesialiseer daarin. Miskien is dit was reg gaan vir hom.” Malema het Zuma weer as ʼn diktator bestempel en gesê hy word ryker en ryker terwyl diegene wat hy regeer armer en armer word. Malema het benadruk dat hy een die Friends of the Youth League (FYL) nie beplan om die weermag te gebruik om ʼn staatsgreep uit te voer of anargie te saai nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

Wys jou, weinig intelek nodig om te kan sien dat SA nou die piesangrepubliek status bereik het! Voorwaar die eerste akurate ding wat hy kwytraak!

Brenda ·

Malema speel op die sentimente van die ANC jeug en breinspoel hulle om teen die bestaande ANC regime, en spesifiek ZUMA te draai. Alles net deel van ‘n fyn beplande strategie en die aanloop tot ‘n Eenwereld-regering. Hy is net ‘n “puppet” van bose en duistere magte wat agter die skerms sy toutjies trek. Hy word ruim daarvoor vergoed en leef in weelde. Definitief ondersteun ek nie die huidige ANC bestel nie, inteendeel, maar as Malema ‘n staatsgreep uitvoer en anargie saai, soos hy plegtig belowe hy nie sal doen nie????, gaan SA (skuus, die Piesangrepubliek!!) dieselfde paadjie as Zim volg! Die Afrikaner se donkerste uur le voor die deur en die hartseerste is, dat die deursnee Afrikaner dit nie eers besef nie!!!

melanie scott ·

Malema is daar vir sy eie gewin,hy wil homself veryk hoe het hy ‘n huis van miljoene gebou gekry met ‘n salris van R20 000.00per maand.Selfs sy klere drag was van die beste en ten duurste gewees.Hy gebruik ok maar die publiek om die regering omver tegooi,wil hy die volgende president word ek sien ons land gaan soos Zimbabwe uitdraai! Regtig ‘n piesang regering en intussen word die witmense uitgemoor oor sy haatspraak(sy liedjie)

Skurf ·

Die grootste piesang in die wingerd is op die foto hier bo in geel geklee……..lyk my hy raak nou nog n groter grapkas,of sy woorde raak nou te min………hy was self stom geslaan toe sy luisteraars begin lag oor sy groot grappie…………Ek wil net graag weet wat is sy groot prioriteit????????weet nie ek wonder maar net of hy ook nou oorlogsveterane wil begin opsweep,…..groete Skurf

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.