“Malema sál parlement toe” – EFF

Mpho Ramakatsa, die EFF se woordvoerder, het tydens ʼn perskonferensie in Pretoria. Foto: Werner Beukes / SAPA

Mpho Ramakatsa, die EFF se woordvoerder, het tydens ʼn perskonferensie in Pretoria. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Donderdag gesê sy leier, Julius Malema, wat voorlopig gesekwestreer is op aanklag van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), sal ná vanjaar se algemene verkiesing in die parlement wees.

Mpho Ramakatsa, die EFF se woordvoerder, het tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê verskeie strategieë, waaronder regstappe, is in plek om te verhoed dat Malema finaal gesekwestreer word.

“Ons gaan appèl aanteken dat Malema se skulderkenning van R16 miljoen in belastinggeld aan die SAID, ter syde gestel word,” het Ramakatsa gesê. “Die SAID het Malema bedrieg om die skuldererkenning te teken op voorwaarde dat ʼn ooreenkoms bereik sou word. Die geld wat Malema aan die SAID skuld weens ʼn trust wat aan Malema verbind word, beloop ook nie R16 miljoen nie, slegs R4 miljoen. Die SAID het die bedrag met 50% rente vermeerder en boetes van 200% geëis.”

Ramakatsa sê bewerings deur die SAID en die media dat Malema nie in staat sal wees om ʼn lid van die parlement te kan word ná die algemene verkiesing op 7 Mei nie, is “misleidend”. “Bevelvoerder Julius Malema sal deel wees van die EFF-kommissarisse, organiseerders en stryders wat as lede van die parlement en provinsiale wetgewers ingesweer gaan word ná die verkiesing.”

Hy het gesê “besorgde Suid-Afrikaners” het aangebied om geld in te samel om Malema se skuld te dek, sou regstappe nie suksesvol wees nie.

“ʼn Onafhanklike trust, met ʼn onafhanklike raad van trustees, sal opgestel word om te verhoed dat Malema finaal gesekwestreer word. Duisende Suid-Afrikaners het met die EFF in verbinding getree en aangebied om geld te skenk aan ons bevelvoerder om te verhoed dat hy finaal gesekwestreer word,” beweer Ramakatsa.

 

Malema is Maandag voorlopig in die Pretoriase hooggeregshof gesekwestreer.  ʼn Konsepbevel is onderteken en as ‘n hofbevel bevestig. Malema en enigiemand anders wat nie wil hê dat die sekwestrasie finaal gemaak moet word nie, het tot 26 Mei om 10:00 tyd om redes daarvoor te verskaf.

Indien Malema voor die algemene verkiesing finaal gesekwestreer word, kan hy, kragtens Artikel 47 (c) van die Grondwet, nie ‘n lid van die parlement word nie, het die Sunday Times berig. –SAPA

Lees ook:
EFF: ‘Sekwestrasie ‘n slenter om Malema stil te maak’
Malema voorlopig gesekwestreer
Malema in hof oor sekwestrasie
Koper kan glo nie Malema-huis betaal nie
Malema-huis: Nuwe eienaar dalk óók in sop by SAID
Malema se Polokwane-huis verkoop
Nóg ‘n Malema-huis verkoop
Malema se plaas verkoop
Malema se plaas ook onder die hamer
Malema-huis vir bykans R6 miljoen verkoop
Halfgeboude Malema-huis het selfs ʼn bioskoop
Julius se Sandown-huis onder die hamer
Malema se huis dalk binnekort opgeveil
Taksman steeds op Malema se spoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

de ·

Hoop Malema kan parlement toe gaan – die ANC sal nooit die aanslae van die DA en die EFF oorleef nie.

PURE BOER ·

Tel my woorde,,, hy gaan in die Parlement sit. 100 000 ondersteuners ( hy het seker meer as dit ) en elkeen gee R200 is kla 20Miljoen. Ek moet ook ondersteuners kry. So 50 000 vriende wat my elke maand R200 van hul salaris skenk. mmmm…10 miljoen n maand. Ek sal net reel dat elke maand 9 verskilende pelle elk 1 miljoen kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.