Malema se appèl misluk

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPADie beleërde ANC-jeugligaleier Julius Malema se aansoek om sy tydelike skorsing ter syde stel het misluk.

Die ANC se Nasionale Dissiplinêre Appèlkomitee (NDCA) het Dinsdag dié aankondiging gemaak. “Die NDCA het bevind dat die NDK [Nasionale Dissiplinêre Komitee] nie die ANC se grondwet, die reëls van natuurlike geregtigheid of die land se Grondwet verbeek het nie,” het die NDCA se voorsitter, Cyril Ramaphosa, gesê. Malema het sy appèl op laasgenoemde baseer. Malema is voorverlede week summier uit die ANC geskors na aanleiding van sy opmerkings wat hy by Wits Universiteit gemaak het dat president Jacob Zuma ‘n diktator is. Die skorsing is egter nie deel van die dissiplinere prosesse wat gelei het tot Malema se aanvanklike skorsing nie. Hy appelleer tans teen die skorsing. Die huidige tydelike skorsing beteken dat Malema geen ANC vergaderings, insluitend die van die nasionale uitvoerende komitee mag bywoon nie. Dié voorwaardes bly dus geldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.