Malema sê jeugliga sal “oorlog” wen

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, het die regerende party gedreig voor sy dissiplinêre verhoor wat Sondag hervat word.

Die Sunday Times haal Malema aan waar hy glo Saterdag aan ondersteuners in Alexandra gesê het dit is oorlog en dat daar sterftes is in ʼn oorlog. Malema het sy ondersteuners die versekering gegee dat die ANC-jeugliga die “oorlog” sal wen. Malema en vier van sy kollegas verskyn Sondag voor die ANC se dissiplinêre komitee nadat hulle daarvan aangekla is dat hulle die party in oneer gebring het en verdeeldheid saai. Malema voer aan dat hy niks verkeerds gedoen het nie en dat die ANC-leierskap stappe teen hom neem omdat hy ʼn voorstander is van ekonomiese transformasie. Malema het ook tydens die geleentheid ʼn “ekonomiese oorlog” verklaar teen die wit minderheid. Die Sunday Times berig in tussen dat die verhoor in Kliprivier, suid van Johannesburg, plaasvind. ‘n Woordvoerder van die ANC, Keith Khoza, het aan die Sondagkoerant gesê hy kan dit nie bevestig nie. Intussen sal Malema na verwagting Maandag hoor of sy skuldig is aan haatspraak. AfriForum het Malema van haatspraak aangekla na sy sing van die woorde “Skiet die boer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.