Malema se lot vandag bekend

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC sal na verwagting Woensdag ʼn aankondiging maak rakende die toekoms van sy geskorsde jeugligaleier, Julius Malema.

ʼn Woordvoerder, Jackson Mthembu, sê die party se nasionale dissiplinêre komitee (NDK) sal Woensdag vergader om ʼn finale besluit te neem rakende Malema. “Ek kan bevestig dat daar ʼn vergadering is. Die ANC sal ʼn verklaring uitreik, ons maak altyd ons besluite bekend na behoorlike proses.” Mthembu sê die mediaverklaring sal “later vandag” uitgereik word. Die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee (NDAK) het onlangs Malema en vyf ander jeugligabeamptes se skuldigbevinding bekragtig. Hulle is vroeër daaraan skuldig bevind dat hulle die ANC in oneer gebring en verwoesting in die party gesaai het. Malema is vir vyf jaar geskors. Floyd Shivambu (woordvoerder vir die ANCYL), Ronald Lamola (adjunk-leier), Pule Mabe (tesourier-generaal), Sindiso Magaqa (sekretaris-generaal) en die adjunk-sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, is ook geskors vir tydperke wat tussen 18 maande en drie jaar strek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.