Malema se party amptelik geregistreer

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema se party, die Economic Freedom Fighters (EFF), is Donderdag amptelik as ʼn politieke party by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer.

“Die registrasie van die EFF is ʼn geskiedkundige oomblik en die begin van ʼn ware radikale, militante, en beslissende politieke platform wat tot ware bevryding van die mense van Suid-Afrika, Afrika en die wêreld sal lei,” het Malema Donderdag gesê.

Malema het gesê die goedkeuring beteken dat die party aan volgende jaar se verkiesing gaan deelneem, en dit gaan wen. “Die EFF gaan aan die verkiesing deelneem om ʼn regering te word, en nie ʼn tandlose opposisieparty in verskillende parlemente en wetgewers nie.”

Lydia Young, ʼn woordvoerder van die OVK het die registrasie bevestig.

Malema het gesê Suid-Afrikaners kan nou “’n sug van verligting slaak” want sy “reuse beweging” is nou ʼn opsie om voor te stem. Hy beweer ander politieke partye het gefaal om die land te transformeer.

Lees meer oor sy toespraak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

EFF-OFF Malema en Fafi !

“……. ’n sug van verligting slaak” want sy “reuse beweging” is nou ʼn opsie om voor te stem. ”

Voor ek EFF stem, gaan lê ek liefs dwars oor ‘n spoorlyn.

Ver Van Ryn ·

ag, etter. Die tuinskuim kruip by die voordeur in en die huismense verwelkom dit! Die OVK kan beslis nie na hierdie vertrou word nie, maar dan wie gee om? Kyk net na Zim, die wêreld skree: “Ag foei tog!” en los dit daar. Ek wonder waar sit ons land oor ‘n jaar???

Grobbie ·

Wat het geword van die ongrondwetlikheid van die EFF se manifes? So is die wette van hierdie piesangrepubliek ook niks werd nie.

Willy ·

Of Grobbie SARS moet opskud en hom in die tronk kry voor verkiesingstyd.

Meneer ·

Baie geluk met die registrasie van u party, mnr. Malema! Ek wil net asseblief EFF-all daarmee te doen hê.

Trippie ·

Hehehehe !

Ek is ook geneig om in tale te praat as ek my mhur gekoer het.

JAVR ·

Ja maar ek het dit hoeka in die verkleinende woordjie genoem juis omdat hulle nie van die woord hou nie!

Seg Net ·

Wat ek nie kan verstaan is dat hoe ‘n terroristiese beweging tot ‘n politieke party kan registreer. Hulle doelstellings is reg teenstrydig met die grondwet.
Die anc nie besig met hulle eie agenda? Hulle stig ‘n opposisie party uit hulle eie mense, al moet hulle sodoende ‘n aantal lede afstaan. Liewer dit as wat hulle lede aan ‘n nie goedgesinde anc partye afstaan. Hierdie is die linkse arm van die anc.
Ons moet nie vergeet nie die anc is baie uitgeslape en moet nie onderskat word nie.

Ryan ·

Hierdie is eintlik n baie groot ding wat gebeur het, die ouens wat die afgewaterde kommentaar lewer moet begin regop sit, want die is n duidelike waarskuwing wat se ons kom vir julle wittes, en ons gaan nie stop voor julle almal nie uit is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.