Malema se plaas ook onder die hamer

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, voormalige ANC-jeugligaleier, se plaas in Limpopo sal na verwagting volgende maand onder die hamer kom.

City Press berig dat die 140-hektaar plaas op 10 Junie opgeveil sal word om ’n deel van Malema se R16 miljoen-skuld aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te verhaal. Die Batebeslagleggingseenheid het op 19 Maart op die plaas, wat glo sowat R4 miljoen werd is, beslag gelê. Medupe Simasiku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het destyds gesê die plaas is glo verkry met die opbrengs van bedrog, korrupsie, diefstal en geldwassery.

Volgens Park Village Auctions het die plaashuis vier slaapkamers, ʼn sit- en eetkamer, ʼn patio, kombuis met opwaskamer en ʼn studeerkamer. Daar is ook ʼn grasdak rondawel, swembad, ʼn werkswinkel en ʼn onvoltooide tweede huis op die eiendom. Malema skuld die SAID nog sowat R9 miljoen. Malema se halfgeboude huis in Sandown, Johannesburg is Donderdag vir R5,9 miljoen verkoop op ʼn veiling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.