Malema se Polokwane-huis verkoop

Mopaneweg 23, Florapark, Polokwane Foto: Google Earth

Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters, se huis in Polokwane is Dinsdag op ʼn veiling verkoop.

Die huis is vir R1.4 miljoen verkoop. Afslaer Aggie Stroh, van Eli Stroh Eiendomme, het voorspel dat die huis ten minste R1.5 miljoen sal haal. “Die huis is in ʼn uitstekende toestand, met ʼn tuin wat deur professionele persone uitgelê is. Die huis is in ʼn middelklas-gebied geleë, maar is ekonomies vatbaar,” het hy gesê voor die veiling begin het.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het die huis verkoop in ʼn poging om R16 miljoen, wat Malema aan die SAID skuld, te verhaal.

Malema se onvoltooide huis in Sandton, Johannesburg, is in Mei vir R5.9 miljoen op ʼn veiling verkoop. Sy plaas in Limpopo is in Junie op ʼn veiling vir R2.5 miljoen verkoop.

Sy huisraad is ook vroeër in die jaar verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Wie stel regtig belang in wat die ronde mannetjie doen en vir hoeveel sy huise verkoop word om sy astronomiese skuld aan die belastinggaarde te dek. Daar is tog seker ander beter nuus

HELENA SEABORNE ·

ou donner mut ma aansoek dun vir i RDP huis. as ander daarin kan bly kan hy ok mos. hiehiehiehie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.