Malema se probleme nie verby

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kurators van Julius Malema, voormalige ANC-jeugligaleier, se boedel sê die saak van minagting van die hof is van die hofrol verwyder vir verdere ondersoek en om Malema nog kans te gee om sy bates te verklaar.

Malema moes Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn nadat die kurators van sy insolvente bedoel aansoek sou doen om hom van minagting van die hof aan te kla, nadat hy versuim het om sy bates te verklaar. Malema skuld meer as R16 miljoen se belastinggeld. Dit was aanvanklik nie duidelik hoekom die saak van die hofrol verwyder is nie. Die kurators het aan die SABC gesê die saak is van die hofrol verwyder vir verdere ondersoek en dat die saak weer later op die hofrol geplaas kan word. EWN berig intussen dat Malema nog ʼn paar dae gegee is om sy bates aan die kurators te verklaar. Cloete Murray en Aviwe Ndyamara is aangestel as die kurators van Malema se boedel en het hulle die hof genader omdat Malema nie al sy bates verklaar het nie ondanks ’n hofbevel om dit te doen.

Daar is reeds vroeër beslag gelê op Malema plaas en sy huise in Sandton en Polokwane. Daar is ook ʼn veiling van sy roerende bates gehou. Indien Malema skuldig bevind word aan minagting van die hof kan hy ʼn boete van R500 000 of tronkstraf opgelê word. Malema moet ook later die maand weer in die hof verskyn op aanklagte van geldwassery, rampokkery en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

As ek in die vervolgingsgesag inspraak gehad het, was Malema ook aangekla vir aanhitsing en aldus medepligtigheid aan moord op elke boer wat wat vermoor is. Arme Clive Darby-Lewis sit nou al jare vir ‘n moord wat hy nie gepleeg het nie, laat Malema dieselfde behandel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.