Die voorsitter van die ANC se dissiplinêre komitee, Derek Hanekom, sê Malema se verhoor is uitgestel aangesien hy steeds in die hospitaal is. Hanekom het Malema ʼn spoedige beterskap toegewens. Maroela het vroeër berig dat Malema se regsverteenwoordigers sou versoek dat die verhoor uitgestel word. Malema is Woensdag in die Limpopo Medikliniek opgeneem waar hy glo vir erge griepsimptome behandel word. Daar is vroeër berig dat Malema griepsimptome gehad het toe hy Dinsdag studente by die Universiteit van Limpopo se Turfloop kampus toegespreek het. Malema en vyf van sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai.
Malema se tugverhoor uitgestel
Die dissiplinêre verhoor van ANC-jeugligaleier, Julius Malema, is uitgestel tot 15 Oktober.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.