Malema se verhoor skuif na onbekende plek

Die ANC het aangekondig dat sy jeugligaleier, Julius Malema, se dissiplinere verhoor nie langer by Luthuli-huis in Johannesburg sal plaasvind nie.

Die ANC se sekretaris generaal, Gwede Mantashe, het aan die media gese dat die verhoor voortaan op ‘n onbekende plek buite Johannesburg sal plaasvind. Mantashe het egter benadruk dat die verskuwing nie is oor die ANC dink die situasie is buite beheer nie maar eerder weens die ongerieflikheid vir mense wat in die middestad werk. Die ANC gaan egter nie bekendmaak waar die verhoor voortaan sal plaasvind nie. Chaos het vandag telkemale in die Johannesburgse middestad losgebars toe jeugliga-ondersteuners joernaliste en polisiebeamptes met klippe en bottels bestook het. Die polisie. Het ‘n waterkanon, rubberkoeels en traangas gebruik om die oproerige skare uiteen te probeer jaag.

Malema, die jeugliga se woordvoerder Floyd Shivambu, die liga se adjunk-president Ronald Lamola, die liga se sekretaris-generaal Sindiso Magaqa en sy adjunk Kenetswe Mosenogi word daarvan aangekla dat hulle verdeeldheid in die ANC saai en die party in oneer gebring het. Die jeugliga het gese hy sal ‘n span na Botswana stuur om regime verandering te weeg te bring. Indien Malema skuldig bevind word kan sy ANC-lidmaatskap opgehef word en sal hy nie langer as president van die jeugliga kan dien nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae