Malema se verhoor Woensdag hervat

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor sal Woensdag hervat word wanneer finale getuies na verwagting geroep sal word om te getuig.

ʼn ANC-woordvoerder, Keith Khoza, het vroeër gesê finale argumente en aanbevelings sal na afloop hiervan aan ANC-beamptes gemaak word op 3 November. Die hoof van die ANC se dissiplinêre komitee, Derek Hanekom, sê elke lid wat aangekla is sal hierna die beslissing ontvang. Hy sê ‘n verslag sal aan die sekretaris-generaal oorhandig word waarna die komitee se besluit aan die media en publiek gekommunikeer sal word. Volgens berigte sal Winnie Madikizela-Mandela en Tony Yengeni, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, getuig wanneer die verhoor Woensdag hervat word. Khoza kon dit egter nie bevestig nie. Malema en vyf van sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai. Die verhoor het reeds einde Augustus begin. Woensdag se verhoor kom ʼn dag voor die jeugliga se massa-optogte wat vir Donderdag en Vrydag beplan word in Pretoria en Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.