Malema, Shivambu sê jammer

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Donderdag opdrag aan Julius Malema, die voormalige leier van die ANC-Jeugliga, en sy woordvoerder, Floyd Shivambu, gegee om Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, om verskoning te vra.

Dit spruit voort uit lasterlike aanmerkings wat oor haar gemaak is. Shivambu het Zille ‘n rassistiese meisie genoeg en gesê haar kabinet, wat net uit mans bestaan, is haar minnaars. Malema het haar uitvoerende raad ‘n groep rassistiese tuinwerkers genoem het.

Malema en Shivambu, asook die jeugliga, is opdrag gegee om die aanmerkings wat in 2009 gemaak is, terug te trek en Zille se regskoste te betaal.

Malema, Shivambu het hul aanmerkings teruggetrek en onvoorwaardelik om verskoning gevra. Zille het gesê die hofbevel is ‘n oorwinning vir die grondwet en vir demokrasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.