Die prokureursfirma, Brian Kahn Prokureurs, het Woensdag aangekondig dat hulle nie meer die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, gaan verteenwoordig nie.
Nicqui Galaktiou, ʼn prokureur aan die firma, het gesê inligting hoekom hulle hom nie meer gaan verteenwoordig nie, is vertroulik.
Galaktiou het vroeër vandeesmaand gesê hulle is opdrag gegee om dokumente voor te berei om ʼn aansoek van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) om Malema te sekwestreer, teen te staan.
Malema het tot 18 Februarie tyd gehad om die SAID se aansoek teen te staan, maar het volgens mediaberigte gefaal om die sperdatum te haal.
Volgens hofdokumente skuld Malema R16 miljoen en is hy “feitlik insolvent en in geen posisie om die SAID terug te betaal nie”. Indien die SAID se aansoek suksesvol is, sal al Malema se eiendomme onder kuratorskap geplaas en opgeveil word om die skuld te dek.
Die saak sal na verwagting in April in die hof hervat word.
Totsiens JU JU
Hulle weet hulle staan agter in die ry om betaling te kry. As SARS eers hul cut gevat het bly daar niks oor nie. Slim besluit!
Nes Oscar Pistorius het Malema gemeen hy is onaantasbaar. Nou gaan hy van alles gestroop word, dieselfde pad wat Oscar hoogwaarskynlik ook gaan loop.