‘Malema-tenderkontrak kan nie gekanselleer word’

Die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Openbare Beskermer sê ʼn tenderkontrak in Limpopo waaruit die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema voordeel trek, kan nie gekanselleer word nie.

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het Woensdag met die departement van paaie en vervoer in Limpopo vergader oor die kontrak wat twee jaar gelede onderteken is. Madonsela se woordvoerder, Kgalalelo Masibi, sê die kontrak kan nie gekanselleer word nie aangesien dit ernstige regsimplikasies kan hê. Sy sê ʼn gedeelte van die kontrak is egter gekanselleer. “Dit is die deelname van On Point in die bod-evalueringskomitee tot die ondersoek afgehandel is.” Malema se Ratanang-familietrust het aandele in On Point, ‘n maatskappy wat glo miljoene rande se tenders van die provinsiale regering bekom het. Madonsela en ander ondersoekeenhede is tans besig met ʼn ondersoek na bewerings dat die Limpopo-regering onreëlmatig tenders aan On Point toegeken het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.