Malema toe nie in hof

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die saak van minagting van die hof  teen die geskorste leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, is Dinsdag van die hofrol verwyder.

Malema sou na verwagting in die Pretoriase hooggeregshof verskyn het nadat die kurators van sy bedoel aansoek sou doen om hom van minagting van die hof aan te kla, nadat hy versuim het om sy bates te verklaar. Malema skuld meer as R16 miljoen se belastinggeld. Dit is in die stadium nog nie bekend hoekom die aansoek van die hofrol geskrap is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.