Malema tot PUK-lid verkies in Limpopo

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, wie se appèl teen sy skorsing as ANC-lid hangende is, is tot die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC in Limpopo verkies.

Malema is Dinsdag met 592 stemme verkies. Daar is vroeër berig dat afgevaardigdes ʼn mosie wou instel dat die ANC Malema nie moet skors nie. Dit is nie duidelik of Malema tot die komitee verkies kon word as gevolg van sy hangende appèl nie. Malema is een van die 20 mense wat in die nuutverkose provinsiale uitvoerende komitee sal dien. Dit kom nadat Cassel Mathale, Limpopo se premier, vroeër met ’n meerderheid van 53% as ANC-voorsitter in die provinsie herkies is. Mathale se herkiesing is as ʼn terugslag bestempel vir president Jacob Zuma en ʼn oorwinning vir Malema. Volgens ontleders beteken dit dat Zuma volgende jaar ontsetel kan word. Meer as 1 000 afgevaardigdes is sedert die naweek op die kampus van die Universiteit van Limpopo buite Polokwane byeen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.