Malema-tugverhoor Saterdag hervat

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor word Saterdag in Johannesburg hervat.

Malema sal na verwagting vandag getuienis roep ter verdediging in sy tugsaak. Malema se dissiplinêre verhoor is vroeër uitgestel nadat hy in die Limpopo Medikliniek opgeneem is met erge griepsimptome. Malema en vyf van sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.