Malema uit Marikana verjaag: volledige besonderhede

Die polisie het die geskorste ANC–jeugligaleier, Julius Malema, Maandagmiddag uit Marikana in Noordwes verjaag.

Malema wou die Wonderkop-stadion betree waar honderde stakende Lonmin-mynwerkers byeen gekom het om oor die huidige stand van sake van hul loononderhandelinge met die Lonmin-myngroep ingelig te word.

Die polisie het Malema by die stadion se hekke voorgekeer en hom toegang tot die perseel belet. Volgens ooggetuies het Malema, ná ʼn lang redekawel met die polisiebeamptes, van die stadion weggery. Sowat tien polisievoertuie het hom uit die omgewing vergesel tot op die N4-deurpad. ʼn Polisie-helikopter het in die gebied rondgevlieg om glo seker te maak dat Malema die gebied verlaat.

Stakende mynwerkers het Vrydagmiddag die mynbestuur se eerste loonaanbod verwerp. Hulle is 5,6% per jaar (R986 ʼn maand) aangebied, maar hulle dring aan op 12,5%. Lonmin-bestuur het egter Sondag gesê hy kan nie bekostig om die werkers R12 500 te betaal nie. Die stakende werkers wag nog vir afgevaardigdes om hulle toe te spreek. Die staking by die myn het reeds ʼn invloed op die produksie by die myn gehad, sedert dit vyf weke gelede begin het. Ten minste 45 mense het reeds weens die gewelddadige aksie gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KopKrap ·

“… Waar die volkslied nou ‘n simbool is van ʼn inklusiewe demokrasie vir almal, sal die weglating van sekere dele ‘n simbool wees van ‘n eksklusiewe demokrasie net vir die meerderheid”

En daar is nog steeds die wat nie die kloutjie by die oor kry nie?

Ek verbeel my Zumpie moes verduidelik toe hy demokrasie nie kon verstaan nie. Daar is sekerlik ander ook wat sukkel met die begrip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.