Foto’s: Malema uit op borg

Malema binne die hof terwyl sy aanhangers hom buite die hof ondersteun. Foto’s: Werner Beukes / Sapa

Die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, is Woensdag in die Polokwane-streekhof op borgtog van R10 000 vrygelaat. Malema staan tereg op ʼn aanklag van geldwassery. Hy het hom vroeër vandag by die Polokwane-polisiestasie in Limpopo oorgegee.

Vier van Malema se sakevennote is Dinsdag in die Polokwane-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Kagisho Dichabe, Lesiba Gwangwa, Helen Moreroa en Selby Manthata is op borgtog van R40 000 elk vrygelaat. Vier maatskappye is op die klagstaat aangedui: Segwalo Consulting, On-Point Engineers, Gwama Consulting en Oceanside Trading. Landdros Janine Ungerer het beveel dat die vier mans hulle paspoorte inhandig. Die mans het onskuldig gepleit op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Volgens die staat het die vier mans hulself wanvoorgestel aan die departement van paaie en vervoer in Limpopo en dat ʼn tender van R52 miljoen aan een van die beskuldigdes toegeken is. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, sê die mans sal op 30 November weer in die hof verskyn. Malema moet ook op 30 November in die hof wees.

[nggallery id=74]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

endika ·

Hy lyk vir my baie ingenome en gelukkig met homself…..uitgevat vir die geleentheid!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.