Malema-verhoor gaan Donderdag voort

ANc-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, en vyf van sy kollegas se dissiplinêre verhoor sal Donderdag in Johannesburg voortgaan.

Die verhoor is Dinsdag uitgestel weens die beskikbaarheid van die onderskeie partye. Die verhoor word by die Klipriviersberg -ontspanningsentrum in Kibler Park gehou. Volgens berigte kan Malema reeds teen die naweek sy lot weet. Malema en sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai. Die jeugliga het vroeër gesê hy sal ʼn span na Botswana stuur om regime verandering in die land te weeg te bring. Malema se verhoor het verlede week by Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad begin. Die ANC het egter besluit om die verhoor te skuif nadat duisende jeugliga-ondersteuners chaos in die middestad gesaai het en joernaliste en die polisie met klippe en bottels bestook het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.