Malema-verhoor op 8 Oktober hervat

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC sê die dissiplinêre verhoor van sy jeugligaleier, Julius Malema, en vyf van sy kollegas is tot 6 Oktober uitgestel.

Die regerende party sê die verhoor is uitgestel weens die beskikbaarheid van die onderskeie partye. Malema sal op 6 Oktober sy getuienis voortsit en finale argumente sal op 8 Oktober aangehoor word. Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee sal sy bevindinge kort hierna bekendmaak. Malema en vyf van sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai. Die jeugliga het in ʼn verklaring gesê hy sal ʼn span na Botswana stuur om regime verandering in die land te weeg te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.