Malema verloor hofaansoek

Malema Donderdag in die hof Foto: @the_new_age op Twitter

Malema Donderdag in die hof Foto: @the_new_age op Twitter

Die hooggeregshof in Polokwane het Donderdag Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) se aansoek om klagtes teen hom te laat vaar, van die hand gewys.

“Die saak teen hom sal volgende jaar voortgaan soos geskeduleer, tensy die Nasionale Vervolgingsgesag besluit om die klagtes terug te trek,” het regter Ephraim Makgoba gesê.

Intussen het nagenoeg 4 000 EVV-lede ʼn blok ver van die hof af rondom ʼn verhoog begin saamdrom waar Malema hulle glo gaan toespreek. Daar is ʼn sterk polisie verteenwoordigheid.

Die geskorste voormalige leier van die ANC-jeugliga staar aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en swendelary in die gesig. Hy het nagenoeg R4 miljoen uit korrupte aktiwiteit ingewin. Sy medebeskuldigdes is voormalige sakevennote Kagisho Dichabe, Lesiba Gwangwa, Helen Moreroa en Makgetsi Manthata. Hulle is almal vroeër op borgtog van R40 000 elk vrygelaat. Die verhoordatum is van 30 September tot 31 Oktober geskeduleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

Sien dit gaan maar swaar, hy dra dieselfde pak met elke veskyning.

Driesman ·

Kyk hoe vet is die flippen ding !!! Leef nog steeds heeltemal te lekker op al die gesteelde geld…….

Henko ·

Hierdie foto van Julius Malema getuig van ‘n ryk en lekker lewe wat hy gelei het, skoon blink in die gesig van vettigheid.

Johanna ·

Ek lag elke keer hardop wanneer ek lees van Malema se aanklagtes en hofsake en hofbevele ensovoorts. Ons almal weet hy smile ook breed want !!!!!! HY SAL NIKS OORKOM EN SAL UITEINDELIK VRY GESPREEK WORD. Mens hoor niks van die uitstaande miljoene belasting skuld. Al hierdie stories van Malema verskaf hom GRATIS “advertensie”. Maak my absoluut SIEK!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.