Malema vier ure laat vir funksie

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), was Saterdagaand vier ure laat vir ʼn fondsinsamelingsgeleentheid in Nelspruit maar is nogtans onder luide toejuiging verwelkom.

Malema het gegrap dat hy nie nog ʼn spoedoortreding kan begaan nie en het hierna ʼn toespraak van ʼn uur en 20 minute gelewer wat kort voor middernag geëindig het. Malema sê die EFF is ʼn voornemende regerende party. Hy het onder meer die party se beleid oor myne, banke en grondhervorming uiteengesit. “ʼn Entrepreneur moet sake kan doen maak nie saak wie in die regering is nie. ʼn Sakeman verloor nie slaap oor of die [Nasionale Party], ANC of EFF in beheer is nie. Jy maak nie op tenders staat nie. Tenders is nie ʼn volhoubare besigheid nie.” Malema sê swart ekonomiese bemagtiging (SEB) moedig die verkoop van swart vel aan. “Jy verkoop jou kleur asof swart goedkoop is en enige tyd verkoop kan word.”

Malema sê SEB ondersteun slegs individue en hulle familielede en nie gemeenskappe nie. “Gee eerder die geld wat vir SEB bedoel is vir die gemeenskap om skole en klinieke te bou.” Hy sê grond moet verniet aan gemeenskappe teruggegee word aangesien dit sonder betaling gevat is. Om grond terug te koop is dieselfde as om gesteelde goedere te koop. Grondbegunstigdes hoef ook nie gedruk te voel om enigiets met die grond te doen nie, het hy gesê. “Jy hoef niks aan niemand te verduidelik nie. Dit is jou grond. Wat jy met jou grond doen het niks met enigiemand te doen nie.” Malema sê vrese oor die nasionalisering van myne is ongegrond aangesien die regering bewys het dat hy sakeondernemings kan bestuur. Hy het president Jacob Zuma en die regering daarvan beskuldig dat hulle nie verantwoordbaar is aan die mense nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Demokraat ·

Hierdie mengsel van Sosialisme/Marxisme/Afrikanisme in die EFF van Malema se beleid is tog al tot vervelens toe deur verskeie regerings in die wêreld toegepas en bewys as nie werkbaar nie. Sommige regerings in die moderne wêreld pas dit nog steeds toe en maak deel uit van die mees agterlikes, armstes en mees ongeletterdes wat bekend is. Hierdie lande het ook vêr agter geraak in ontwikkeling vanweë ‘n gebrek aan fondse.

Hier in Afrika, waar voorgenoemde polilieke stelsels wyd nagevolg word, is slegs die presidente, ministers en die elite-groepe naby aan die regering welaf en leef meesal in weelde, terwyl die massas in armoede verkeer met min geleenthede en geriewe.

Gelukkig is dit duidelik dat Malema en sy EFF nie binnekort in Suid-Afrika aan bewind sal kom nie. Die voordeel van die EFF se bestaan, is dat dit steun wegrokkel van die ANC en dus die opposisie se kanse beter maak om veld te wen. Dit kom voor asof die Opposisie-partye dit besef en daarom besig is om te mobiliseer met die oog op die 2014-verkiesing.

henk venter ·

Malema, jy is ‘n IDIOOT!! Gaan slaan maar na, maar jy is heelwaarskynlik ongeletterd, en jy sal vind dat die mense wat van hul grond verskuif is, daarvoor vergoed is EN hulle is hervestig op ander grond wat hulle terloops ook nou eis as HULLE grond! Boonop sal jy ook vind dat my VOORVADERS onderhandel het met die gespuis en ten duurste betaal het vir grond wat hulle gekoop en voor betaal het, hetsy met geld, goud, koper, beeste, ens. So in kort, betaal vir wat jy wil he of kom klaar daarsonder. Om dit op enige ander wyse te verkry is diefstal en sal jy en die daarby betrokke ten duurste betaal vir julle wandade….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.