ʼn Konsepbevel is onderteken en is as ‘n hofbevel bevestig. “Die boedel van die respondent [Malema] word voorlopig onder sekwestrasie geplaas,” het Prinsloo gesê.
Malema en enigiemand anders wat nie wil hê dat die sekwestrasie gefinaliseer moet word nie, het tot 10:00 op 26 Mei tyd om redes daarvoor te verskaf. Malema was nie self in die hof gewees nie.
Volgens hofdokumente skuld Malema R16 miljoen plus rente aan die SAID nadat hy tussen 2006 en 2010 nie sy belastingopgawes ingedien het nie. Die SAID het Malema reeds in 2010 gekontak oor sy versuim om belastingopgawes in te dien en ondanks talle pogings van die SAID, het dit hom steeds 18 maande geneem om sy uitstaande opgawes in te dien.
Indien Malema voor die algemene verkiesing gesekwestreer word, kan hy, kragtens Artikel 47 (c) van die Grondwet, nie ‘n lid van die parlement word nie, het die Sunday Times berig. -SAPA
Lees ook:
Malema in hof oor sekwestrasie
Koper kan glo nie Malema-huis betaal nie
Malema-huis: Nuwe eienaar dalk óók in sop by SAID
Malema se Polokwane-huis verkoop
Nóg ‘n Malema-huis verkoop
Malema se plaas verkoop
Malema se plaas ook onder die hamer
Malema-huis vir bykans R6 miljoen verkoop
Halfgeboude Malema-huis het selfs ʼn bioskoop
Julius se Sandown-huis onder die hamer
Malema se huis dalk binnekort opgeveil
Taksman steeds op Malema se spoor