Mail & Guardian berig dat die skorsing nie deel is van die dissiplinere prosesse wat gelei het tot Malema se skorsing, wat hy tans appelleer nie. Volgens die Mail & Guardian het die ANC se nasionale dissiplinêre komitee Dinsdagaand laat vergader waar daar besluit is om die skorsing op te lê wat onmiddellik van krag is. Dit beteken dat Malema geen ANC vergaderings, insluitend die van die nasionale uitvoerende komitee mag bywoon nie. Malema se appèlverhoor sal na verwagting op 12 April begin.
Lees meer hier.