Malema wéér uit ANC geskors

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die beleërde ANC-jeugliga president, Julius Malema, is glo Dinsdagaand summier uit die ANC geskors na aanleiding van sy opmerkings wat hy Vrydagaand by Wits Universiteit gemaak het dat president Jacob Zuma ‘n diktator is.

Mail & Guardian berig dat die skorsing nie deel is van die dissiplinere prosesse wat gelei het tot Malema se skorsing, wat hy tans appelleer nie. Volgens die Mail & Guardian het die ANC se nasionale dissiplinêre komitee Dinsdagaand laat vergader waar daar besluit is om die skorsing op te lê wat onmiddellik van krag is. Dit beteken dat Malema geen ANC vergaderings, insluitend die van die nasionale uitvoerende komitee mag bywoon nie. Malema se appèlverhoor sal na verwagting op 12 April begin.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.