Malema wil gewerf word

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, geskorste ANC-jeugligaleier, het gesê politici kan nou sy guns probeer wen.

“Ek wil die gevoel kry dat ek gewerf word, waar politici aan my deur klop en my probeer werf,” het Malema aan The Star gesê. Hy sê hy is nou uit die ANC nadat hy alle interne prosesse uitgeput het. “Ek is ‘n gewone Suid-Afrikaner, so mense kan my nou oorreed waar ek in 2014 my kruisie moet trek,” het hy bygevoeg. Malema sê hy is “baie gelukkiger” nou dat hy nie “dinge aan mense hoef te verkoop wat nie verkoopbaar is nie”.

Hy het bygevoeg dat dit ook met sy boerdery baie goed gaan. “Ek het tamaties, koolkoppe, botterskorsies en vee. Tydens die oestyd in Februarie kan diegene wat iets wil koop my nader.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Moontlik is Julius Malema minder aanvaarbaar vir enige politieke party as wat hy dink – hy verkeer skynbaar onder die indruk dat hy hoogs in aanvraag is maar met sy sosialistiese / marxistiese siening, waarskynlik slegs aanvaarbaar vir die SA Kommunistiese Party. Sterkte Julius !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.