Malema: ‘Wittes moet by EFF aansluit’

Malema spreek inwoners toe. Foto: @mashiyanef/Twitter

Malema spreek inwoners toe. Foto: @mashiyanef/Twitter

Malema spreek inwoners toe. Foto: @mashiyanef/Twitter

Malema spreek inwoners toe. Foto: @mashiyanef/Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Saterdag in Stoffelpark in Mamelodi, oos van Pretoria, ʼn beroep op wit mense gedoen om by sy party aan te sluit om sodoende grond te bekom.

“Wit mense moet deel word van die stryd vir grond. Slegs twee persent van wittes besit grond. As hulle grond soek moet hulle by die EFF aansluit.” Malema sê die EFF is nie ʼn anti-blanke party nie maar die voorhoede vir die werkersklas. “Dit sluit die wit werkers in.” Malema het intussen ook die inwoners gesê hulle is te blameer vir die gebrek aan die basiese dienste in die area. “Die paaie is soos wat dit is aangesien julle te blameer is. Julle stem vir dieselfde mense.” Malema het honderde inwoners toegespeek wat byeengekom het vir die bekendstelling van die party se verkiesingsvragmotor. Die vragmotor sal gebruik word in die EFF se verkiesingsveldtog. Hy het aan inwoners gesê die mag is in hulle hande om verandering te weeg te bring en hulle lewens te verbeter. Daar is glo geen water, elektrisiteit, toilette of ordentlike paaie in die area nie. Malema sê die feit dat die regering nie geld het nie moet nie as ʼn verskoning vir die gebrek aan dienslewering gebruik word nie. Hy het ʼn beroep op inwoners gedoen om hulle stem te verander en vir ʼn party te stem wat dienste sal lewer. “Die rede hoekom julle hier is, is omdat julle vir dieselfde mense stem.” Malema het inwoners toegespreek as deel van sy veldtog voor die algemene verkiesing op 7 Mei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Paul ·

Wat eerder van “As hulle grond soek, moet hulle hard werk en geld spaar, of ‘n lening bekom sodat hulle grond kan koop op die ope mark.”?

alet ·

Ek sal vir hom stem as hy dit vir my op wit en swart gee dat ek n huis kan kry van my keuse nie RDPhuis nie na die eerste reen by jy onder sinkplate of hoe se hulle n shack ek soek n plaas met varke hoenders en beeste hulle vra en kry ek vra miskiem kry ek

Roeleen ·

Ek word al hoe blyer ek is nie meer in S.A. nie…net hartseer dat my land so afgebreek word… werk verloor…en nie weer kon kry (ouderdom en vel), veiligheid bedreig is, is ek landuit om te kan bestaan.

Sedert ek weg is 6 jaar gelede het dit net meer afdraande gegaan… Ek het niks daar nie so daar kan niks gevat word nie. My belasting wat ek nou betaal kan ek vir elke sent sien waarvoor dit gaan.

Ek kan regtig nie sien hoe Malema die afdraande patroon sal kan verander nie..

Marieta ·

Dink die nar regtig die wittes is so onnosel, soos die gekke wat hom volg, om sy liegstories te glo? Hulle het genoeg verstand om te besef dat hy desperaat is om verdienstelike persone uit tenders uit te verkul en die belastingaarder te verneuk met miljoene,sodat hy weer in luukse kan luier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.