Mamba omseil nog sy soekers

Argieffoto

Daar is nog steeds geen teken van die twee meterlange swartmamba wat onlangs uit aanhouding by die Pretoria-dieretuin ontsnap het nie. Die slang maak wel spore op Twitter…

Angeline Schwan, die dieretuin se voordvoerder, het Woensdag gesê verskeie personeel soek na die slang. “Ons het ook ‘n interne ondersoek begin om uit te vind hoe die slang ontsnap het,” het Schwan gesê.

Volgens Schwan het personeel verlede week agtergekom dat die slang se hok leeg is. Sy het egter die publiek gerus gestel dat die slang nie ‘n gevaar inhou nie en dat die jaarlikse gewilde Paaseier-soektog steeds volgende naweek by die dieretuin gaan plaasvind. “Swartmamabas is nie grondbewoners soos pofadders nie, hulle verkies hoogte. Ons vermoed die slang is in die dak, maar weens die dak se helling kan ons nie daar inkom nie,” het sy gesê.

Intussen het die swartmamba sy sê op sosialenetwerke begin sê. Etlike ure nadat media Dinsdag oor die slang se verdwyning berig het, is profiele van ondermeer @PtaBlackMamba, @PtaZooMamba en @PTAZoosMamba geskep. @PtaBlackMamba was Dinsdag van Twitter se gewildste tendense.

Die “slang” het onder andere in ‘n twiet gevra waar die beste eetplekke in Pretoria is en dat hy uit die polisie se pad wil bly want hulle dink hy kom van Mosambiek. Een van die profiele het ook na Oscar Pistorius-sage verwys en gesê hy gaan uit laasgenoemde se badkamer bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.