Man (29) skiet sy meisie, self in JHB

‘n Man het Donderdag glo eers sy meisie en toe homself doodgeskiet in Horizon View, Roodepoort, het die Gautengse polisie gesê.

Konstabel Vincent Mashiteng het gesê omstanders het Donderdagoggend die 29-jarige man en ‘n vrou in haar 20’s naby die Westgate-winkelsentrum sien argumenteer. Volgens ooggetuies het die man sy geweer uitgehaal, die vrou in haar kop geskiet en toe homself geskiet. Volgens Mashiteng het die polisie glo later ‘n selfmoordnota, gedateer 15 Oktober 2011, in die man se broeksak opgespoor wat gesê het, “Ek sal jou doodmaak en myself doodmaak en jou familie sal huil.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.