Man (30) se lyk in steengroef naby Vryburg gevind

Die polisie se duikeenheid verwyder die lyk van Freddie Vos (30) uit die Poppiesbale-steengroef buite Vryburg in Noordwes. Foto: Verskaf

ʼn Man se liggaam is Maandag uit die Poppiesbale-steengroef buite Vryburg in Noordwes gehaal.

ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Kelebogile Moiloa, sê Freddie Vos (30) se liggaam is deur die polisie se hond- en duikeenhede gevind. Hy sê Vos se liggaam is na ʼn uitgebreide soektog in vuil water en riete gevind. Hy het steekwonde aan die agterkant van sy kop en arms opgedoen. Moiloa sê Vos het na bewering Sondag saam met sy familie op hulle kleinhoewe gekuier voor hy na die Poppiesbale-steengroef vertrek het. Hy is nie weer lewend gesien nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.