Man (62) ernstig beseer in gholfkarretjie-ongeluk

ʼn Bejaarde man veg om sy lewe in hospitaal in Bethlehem in die Vrystaat nadat hy Dinsdagaand amper verdrink het in ʼn rivier in Senekal na ʼn Valentynsdag-funksie.

Netcare911 sê die man (62) het glo ʼn funksie vir Valentynsdag bygewoon en het na die feesvieringe glo met ʼn gholfkarretjie gery. Hy het glo beheer verloor oor die gholfkarretjie en in ʼn rivier beland. Die man is deur ʼn verbyganger, ʼn dokter, uit die water getrek. Hy was in ʼn ernstige toestand en is op ʼn ventilator geplaas voor hy na ʼn hospitaal in Bethlehem geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.