Man (63) vas na hy glo tiener verkrag

ʼn 63-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn tienermeisie glo verskeie kere verkrag het, is in Volksrust in Mpumalanga in hegtenis geneem.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die man is Woensdag in hegtenis geneem nadat ʼn 17-jarige skoolmeisie ʼn saak teen hom geopen het. Die meisie beweer dat die man haar sedert die ouderdom van 13 verkrag het en dat hy vir haar geld en geskenke gegee het. “Toe die meisie geweier het om verder met die man seks te hê het hy sy geld terug geëis.” Die meisie se vriende het die polisie van die saak in kennis gestel. Die man sal na verwagting Vrydag in die Volksrust-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.