Man (90) ernstig beseer ná golfkarretjie oor hom ry

ʼn 90-jarige man het ernstige beserings opgedoen nadat ʼn golfkarretjie oor hom gery het.

Die man was glo op die 11de putjie op ʼn golfbaan in Pietermartzburg besig om sy golfhou uit ʼn sandgat te bereken, toe ʼn golfkarretjie, sonder waarskuwing, aangery gekom het en oor die bejaarde man gery het. ER24-paramedici het na die toneel gehaas en die man in erge pyn gevind. Hy het ʼn diep snywond aan sy linkerbeen en ʼn gebreekte been en gebreekte heup gehad. Paramedici het die man op die toneel behandel en hom toe na die Mediclinic in Pietermaritzburg vir verdere behandeling afgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.