Man aangekla ná gru-ongeluk waarin vyf sterf

‘n Man sal Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag nadat vyf mense, insluitend ʼn voornemende bruid, in ʼn ongeluk op die N2 gesterf het.

ʼn Woordvoerder van die KwaZulu-Natalse departement van vervoer, Kwanele Ncalane, sê die gru-ongeluk het Saterdag op die N2 naby Prospecton plaasgevind. Ncalane sê die bestuurder van ʼn Toyota Condor het glo beheer verloor oor die voertuig waarna dit verskeie kere gerol het. Drie mense is op die toneel dood terwyl nog twee later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Onder die oorledenes was ʼn voornemende bruid wat later die maand sou trou. Haar verloofde het die ongeluk oorleef. Twee kinders het ook in die ongeluk gesterf. Ncalane sê die bestuurder staan tereg op vyf aanklagte van strafbare manslag, bestuur sonder ʼn lisensie, dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.