Man aangekla na ses sterf in ongeluk

ʼn Man wat aangekla word van strafbare manslag na ʼn ongeluk waarin ses mense gesterf het, het Donderdag in die Durban landdroshof verskyn.

Mzuphilile Gadu (24) se saak is tot 2 Maart uitgestel. Die ongeluk het in Mei verlede jaar plaasgevind toe Gabu glo beheer verloor het oor die motor op die hoek van Clark- en Maningweg in Durban. Die motor het ʼn boom getref en in twee geskeur en ses insittendes is uit die motor geslinger. Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle afgekom op die lyke van vyf vroue en een man. Gadu het die ongeluk oorleef en is aangekla van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.