Man aangekla wat hom glo aan Mugabe “afvee”

Een van Robert Mugabe se verkiesingsplakkate in 2013

‘n Man van Zimbabwe is aangekla nadat hy glo verkiesingsplakkate van pres. Robert Mugabe as toiletpapier gebruik het, het plaaslike media Woensdag berig.

Takura Mufumisi (26) van Masvingo, het glo die papier in ‘n kroegtoilet gebruik. ‘n “Informant” het glo gesien hoe hy die plakkaat met Mugabe se foto daarop opskeur terwyl hy in die toilet was en hy het ‘n burgerlike inhegtenisneming gedoen.

Die koerant berig staatsaanklaer Mukai Mutumbe het aan die hof gesê dat Mufumisi op 24 Julie vanjaar die Landmark-kroeg in die stad besoek het om homself in die toilet te verlig. Mufumisi word daarvan aangekla dat hy verkiesingswette oortree het. Dit is ‘n misdaad in Zimbabwe om verkiesingsplakkate van mure en pale te verwyder.

Sy saak is onbepaald deur ‘n landdroshof uitgestel.

Mugabe het Zimbabwe se verkiesing op 31 Julie gewen, maar Morgan Tsvangirai, sy teenstander, het die uitslag betwis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trippie ·

Ek sou die plakkaat aan die brand gesteek het … of sommer op Mug-aap gespuug het !

GROOTSTE MISDAAD is die feit dat die werfe….r nog nie kompos is nie.

Seg Net ·

Hy het daardie lieflike land deur sy gat getrek en kom niks oor nie. Nou moet iemand vervolg word wat sy kiekie van hom deur sy gat trek. Dit is ‘n gatslag vir demokrasie. Die D0nner is seniel.

Jasper ·

Dat mens nou vir gat afvee gevang word. Kan n giftige muskiet tog nie n einde aan die sirkus maak nie ?

Amy ·

Nee rêrig!!! Mugabe is darem baie ‘fyngevoelig’ vir so ‘n gevoellose mens. Die man het mos nie gesteel of gemoor nie. Hy wou net die toilet gebruik, en dalk was daar nie papier ni?. Ek wil dit ook doen, maar met foto’s van my base se gesigte op…

Gert Malan ·

Hy moes seker sy h.. met sy hemp skoongemaak het! Aan die anderkant, hy het baie gewaag om die plakkaat te gebruik, hy kon onherstelbare skade aan sy agterwereld aangerig het! Dit is so siek en absurd soos Mugabe self, die suurstofdief.

Erich Goosen ·

Laat dit nie gese word dat Oom Bob niks terug ploeg in sy land nie – al is dit net ‘n bietjie kunsmis!

MITZ MALAN ·

Mufumisi het net een groot fout began. Hy moes sy drol in die plakkaat toegedraai het, en dit dan as ‘n verkiesings-oorwinnings-geskenk vir Mugabe gestuur het!

Gert Malan ·

Jy praat my taal! Ek hoop net die drol wat hy gestuur het was na ‘n gastro aanval!! Whaaaa ha ha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.