Man aangerand, aangekeer ná roof

ʼn Groep inwoners het ʼn man aangerand en aangekeer nadat hy glo Vrydagoggend glo ʼn winkel, wat aan ʼn Somaliër behoort, in Limpopo beroof het.

Konst. Moses Molepo, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 29-jarige verdagte en twee ander mans het in die vroeë oggendure by die winkel in Motholo ingebreek. “Hulle het die eienaar van die winkel aangerand en van ʼn onbekende hoeveelheid bedrag geld beroof. Hulle het ook goedere uit die winkel gesteel,” het Molepo gesê.

Intussen het ʼn groep inwoners by die toneel opgedaag en een van die verdagtes vasgetrek en erg aangerand. Die ander twee verdagtes het daarin geslaag om te ontsnap.
“Die verdagte is in ʼn kritieke toestand in die Mankweng-hospitaal opgeneem. Hy is onder die polisie bewaring en sal in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan is,” het Molepo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.