Man aangerand wat glo swanger matrikulant vermoor

ʼn Man het Dinsdag in die Athlone landdroshof verskyn nadat hy glo sy swanger skoolgaande vriendin met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

Avukile Njanya (23) het met kneusplekke aan sy gesig en ʼn bebloede pienk trui uit die aanhoudingselle gestap, berig Daily Voice. Inwoners het hom aangerand ná die dood van Ncebakazi Bili (20) oor die naweek.

Bili, ʼn matrikulant, was agt maande swanger toe sy Saterdag by die Samora Machel-informele nedersetting in Philippi vermoor is. Haar ongebore baba is ook dood.

Volgens die verslag word Njanya daarvan verdink dat hy haar uit jaloesie vermoor het. Die saak is tot Dinsdag uitgestel vir ʼn borgaansoek.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.