Man aangeval by Amplats

Stakende mynwerkers by Amplats. Foto: @POWER987 News/Twitter

Stakende mynwerkers by Amplats. Foto: @POWER987 News/Twitter

ʼn Man is aangerand en sy motor aan die brand gesteek naby Anglo American Platinum (Amplats) in Rustenburg, Noordwes.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die man is Maandagaand deur ʼn groep mense aangeval. “Hulle het hom uit sy motor getrek, hom aangerand en die motor aan die brand gesteek.” Ngubane sê dit is nog nie duidelik of die voorval verband hou met die staking van Amcu-werkers by die myn nie. Hy sê die man het na ʼn vriend se huis gevlug na die aanval. Amcu-werkers het Vrydag by die myn begin staak in ʼn poging om die maatskappy te keer om 3300 werkers af te lê. Die staking gaan intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Somerset Morkel ·

Is die man wat aangeval is swart of blank of Asier of Kleurling of pienk? Die werkers is tog duidelik swart. Dit help nie juis om anti-rassime te bevorder deur dit NIE te noem nie, want mense gaan in elk dink dis ‘n blanke wat aangeval is. Deur dit NIE te noem nie, bevorder mens juis rassisme. Gee liewer die waarheid en die feite soos dit is, anders is dit ‘n taamlike klug..

wragtig ·

Dis al wat die klomp kan doen. Toy-yoy en aanrand as hulle 1,0000 de is. Maar lafaards as hulle alleen is. Hoekom fire hulle nie die hele klomp nie dan kan hulle mos dag en nag moles maak.

Jasper ·

Jy is kwaad vir jou base of Burgermeester dan hol jy strate toe en gooi verbygangers se motors met klippe en plunder ander mense se eiendom wat bokkerol met jou probleem te doen het..
Ek sal graag by so n rookbenewelde brein wil hoor hoe steek sy logika aanmekaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.