Man beboet ná hy drankie op Zuma mors

Darryl Peense. Foto: Facebook

Die man wat aan aanranding skuldig bevind is nadat hy sy drankie op president Jacob Zuma gemors het tydens verlede jaar se Durban July-perdewedren, het ʼn boete gekry.

Beeld berig dat Daryl Peense Woensdagoggend met R8 000 beboet is in die Durbanse landdroshof. Die proefbeampte, Masisi Modikoane, het vroeër getuig dat sy met Zuma gepraat het oor die voorval en dat hy aan haar gesê het hy weet nie wie Peense is nie en dat hy ook nie gesien het of Peense sy drankie op hom gemors het nie. Modikoane het voorgestel dat Peense ʼn opgeskorte vonnis ontvang sodat hy ʼn rehabilitasieprogram kan bywoon vir ʼn alkoholprobleem. Modikoane het Peense as ‘toeganklik’ en ‘positief’ beskryf gedurende haar onderhoud met hom. Peense het tydens sy verhoor ontken dat hy sy drankie opsetlik op Zuma gemors het. Hy het aangevoer die drankie het gemors toe mense teen hom gestamp het. Peense het erken dat hy onder die invloed van alkohol was toe die voorval plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jAN SERFONTEIN ·

As Zuma nie eers weet dat Daryl op hom gemors het nie waar kom die aanklag vandaan. Sy veiligheids mense? Hierdie is weer n klomp twak!

Rassehund ·

If you have to live under such an President,it can happen that you are facing the danger of getting an alcoholproblem.

Marianne ·

Dis mos verregaande om d man te beboet en ‘n opgeskorte vonnis te gee vir niks. Is daar dan nie ander belangriker sake (aanrandings, moorde, inbrake, verkragtings, korrupsie ens.) nie???,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.