Man beland onder suikerrietlaaier

ʼn Man is Sondagoggend in Camperdown, oos van Pietermaritzburg, dood nadat ʼn suikerrietlaaier oor hom gery het.

“Na wat verneem word, was die man deel van ʼn groep werkers wat suikerriet op ʼn swaarvoertuig gelaai het toe hy deur die suikerrietlaaier raakgery is,” het Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê. Die man het kritieke beserings opgedoen en het om sy lewe geveg toe die paramedici op die toneel opgedaag het. Hy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na die Netcare St Anne’s-hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.