Man bely musiekonderwyser se moord teenoor kelnerin

boeie 2ʼn Man is in Durban in hegtenis geneem nadat hy teenoor ʼn kelnerin erken het dat hy ʼn bekende oud-musiekonderwyser van Krugersdorp vermoor en die liggaam by die man se huis begrawe het, berig LookLocal Krugersdorp.

Amoryn Golden, verslaggewer van LookLocal, het op 10 Januarie berig die 75-jarige Neville Ross is by sy huis vermoor en sy liggaam is onder ʼn sandhoop in sy tuin opgespoor. Ross is glo op 4 Januarie as vermis aangemeld.

Ross is ʼn oud-musiekonderwyser en was ʼn bekende naam in Krugersdorp.

Kol. Luke Enslin, woordvoerder van die polisie, het aan LookLocal Krugersdorp gesê die vermeende moordenaar het middagete by ʼn bekende restaurant in Umhlanga Rocks geëet. Hy het egter ná die ete, in plaas van kontant, ʼn brief in die kelnerin se hand gedruk. Hierin erken hy dat hy die moord gepleeg het en Ross begrawe het. Hy het ook verdere besonderhede in die brief bekend gemaak.

Die polisie is ontbied en die man is in hegtenis geneem.

“Hy word in Krugersdorp aangehou en sal binnekort in die hof verskyn,” het Enslin aan LookLocal Krugersdorp gesê.

Ross was ongetroud en het geen kinders gehad nie.

Bron: LookLocal Krugersdorp (berig word met toestemming gebruik)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.