Man beseer na bakkie in sinkgat val

Foto: ER24

ʼn Man is beseer nadat sy Nissan-bakkie Dinsdagoggend in ʼn sinkgat geval het op die hoek van Voortrekkerweg en Qualitystraat in Durban.

ʼn Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak, sê paramedici is kort voor 6:00 Dinsdagoggend na die toneel ontbied. Vermaak sê slegs die agterkant van die bakkie was op die teer. Die bestuurder van die bakkie kon daarin slaag om uit die voertuig te klim voor paramedici op die toneel gekom het. Die man was glo op pad werk toe, toe die voorval plaasgevind het. Volgens omstanders het die sinkgat laat gistermiddag begin inval en is dit nie behoorlik afgesper nie. Dit het glo deur die nag met water gevul, wat dit moeilik sigbaar gemaak het. Die bestuurder van die bakkie is op die toneel vir beserings en skok behandel voor hy na die Wentworth-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.