Man beseer na boot teen walvis bots

Foto: Chris Botha/Netcare911

ʼn Man het Saterdagoggend beserings opgedoen nadat die 35 voet lange katamaran waarop hy ʼn passasier was teen ʼn walvis gebots het sowat agt seemyl suid van Durban.

Derrick Pienaar (50) het ʼn armbreuk opgedoen en is deur personeel van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en Netcare911 van die katamaran gered en na die Umhlanga-hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Clifford Ireland, stasiebestuurder van die NSRI se stasie in Durban, sê Pienaar het die besering aan sy arm opgedoen nadat hy geval het toe die boot teen die walvis gebots het. Daar was sewe passasiers op die katamaran ten tyde van die voorval en niemand anders is beseer nie. Ireland sê terwyl Pienaar van die boot gered is, het ʼn walvis verby hulle geswem en was dit vermoedelik dieselfde walvis waarteen die boot gebots het. Ireland sê dit lyk nie of die walvis enige beserings opgedoen het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.