Man beseer na kameelperd hom met kop stamp

Foto: Hans Hillewaert/Wikipedia

ʼn Man is Dinsdagoggend ernstig beseer nadat ‘n kameelperd hom met sy kop gestamp het by ʼn reservaat buite Hammanskraal, noord van Pretoria.

“Die man wou glo bloed trek van die kameelperd toe die dier hom met die kop gestamp en teen ʼn heining vasgedruk het,” het ʼn woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, gesê. Wicks sê die 32-jarige man het ernstige rugbeserings opgedoen is per helikopter na die Steve Biko-hospitaal in Pretoria vervoer. Die voorval het by ‘n wildkwarantyn-fasiliteit plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.