Man beseer ná voertuig by wal afrol

Foto: Netcare911

‘n Man is kritiek beseer nadat sy voertuig Sondagoggend op die N14 in Gauteng omgeslaan het.

“Dit blyk dat die man se voertuig deur ‘n padversperring gejaag en toe teen ‘n skuinste afgerol het,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê. Paramedici van Netcare911 het die kritiek beseerde man buite die voertuig op die grond aangetref. “Nadat hulle hom op die toneel stabiliseer het, is hy met die Netcare911-helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.”
Die presiese besonderhede van die ongeluk is nog nie duidelik nie en sal deur die owerhede ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.