Man beseer, talle beeste dood na trok omslaan

‘n Man is ernstig beseer en talle beeste is dood nadat ‘n vragmotor Woensdag in die vroeë oggendure tussen Kimberley en Bloemfontein omgeslaan het.

Derrick Banks, ‘n woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die R64 omtrent 80km buite Kimberley plaasgevind. “Dit het nooddienswerkers sewe ure geneem om die bestuurder, ʼn man in sy 30s, uit die wrak te sny. Hy is in ‘n ernstige toestand na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem vir verdere behandeling,” het Banks gesê. Dit is nog nie bekend hoeveel beeste gevrek het of wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Die pad was om 08:00 steeds vir verkeer gesluit om die res van die beeste te vang en die ongelukstoneel op te ruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.