Man brand dood naby Ogies

ʼn Man het Maandagmiddag doodgebrand nadat die swaarvoertuig waarin hy gery het, naby Ogies in Mpumalanga aan die brand geslaan het.

“Die swaarvoertuig het op die Kendall-pad gery en teen die agterkant van ʼn ander voertuig gebots. Die swaarvoertuig het kort na impak aan die brand geslaan en die man is in die wrak verkool. Dit is nog nie bekend wie vir die ongeluk verantwoordelik is nie. Dit sal deur verdere polisie-ondersoek bepaal word,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die insittendes van die ander voertuig is nie in die ongeluk beseer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.